Tuesday, April 24, 2007

Brief vanaf Jacques

Kaapkolonie verteenwoordiging op BVR

Verlede naweek met die BVR vergadering op NKWE was die BVR komitee uitgebrei en doelstellings vir die onmiddellike toekoms bespreek.

Ons Kaapse rebelle is saam met ons Bure in die OVS en Noordkaap gegroepeer tydens die vergadering vanwaar die nuwe komitee dan gestig is.
Die bestuur lyk tans soos volg:

1. Kaapland en Vrystaat:Kommandant: Dup Du Plessis (Bloemfontein)
Trekleiers: Henning Spies (Kuruman) Jacques Aproskie (Kaap)

2. Natal en Oos-TransvaalKommandant: Pierre Wilsenach van (Witbank)
Trekleiers: Jan Kruger (Witrivier) Rudi Delport (Suidkus)

3. Oos RandKommandant: Paul Bennett
Trekleiers: Walter Language Wynand Beukes

4. Pretoria en omgewingKommandant: Lets Pretorius
Trekleiers: Andre Swart Hein Venter

Met ons volgende byeenkoms sal ek julle meer vertel rondom die projekte wat aangepak word. Ons stem word gehoor en ons insette is belangrik. Dankie aan elkeen vir julle deelname.

Boeregroete
Jacques

Wednesday, April 18, 2007

Wa-laer byeenkoms Mei 2007

Goeie middag aan alle Kapenaars!

Vir die wat nog nie daarvan weet nie, ons wil bitter graag 'n byeenkoms hou gedurende Meimaand. Kan ek op julle insette staatmaak? Ek is op soek na 'n datum en plek vir die byeenkoms.

Kontak my gerus of gaan loer by Boerevryheid se Kaapkolonie wa-laer draad. Gaan gooi asb. 'n paar gedagtes rond daar en enige voorstelle van wat julle graag wil doen of oor praat is welkom.

Groete
Christa

Kaapkolonie wa-laers

Kaap die Goeie Hoop
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek

Die Kaap die Goeie Hoop landpunt, gesien vanuit die Noorde

1888 Kaart van die Kaap die Goeie Hoop
Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van 'n landpunt aan die suide van Afrika, naby Kaapstad, Suid-Afrika.
Dit is tradisioneel (en verkeerdelik) geag as die oorgangspunt tussen die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan — tegnies lê die skeiding tussen die twee oseane verder ooswaarts by Kaap Agulhas, wat ook die mees suidelike punt van Afrika is. Die natuurreservaat by Kaappunt bied ook pragtige natuurskoon.
Die koue Benguelastroom ontmoet die warm Agulhasstroom, wat suidwaarts vanaf Indië loop, naby die Kaap die Goeie Hoop en loop noordwaarts teen die Weskus op.

[wysig] Geskiedenis
Die Kaap die Goeie Hoop was eerste deur die Portugese seevaarder Bartolomeus Dias in 1488 omgevaar, wie dit die "Kaap van Storms" (Cabo das Tormentas) genoem het. Later het Johannes II van Portugal dit hernoem as die "Kaap die Goeie Hoop" (Cabo da Boa Esperança), omdat dit die roete na die Ooste moontlik gemaak het.
Die Nederlandse handelaar Jan van Riebeeck het 'n voorraadkamp vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) naby die Kaap op 6 April 1652 opgestel, wat uiteindelik in Kaapstad ontwikkel het.
Op 31 Desember 1687 is 'n groep Hugenote na die Kaap vanaf Nederland gestuur; hulle het na Nederland ontsnap vanaf Frankryk om die godsdienstige vervolging daar te ontsnap. Die VOC het ambagsmanne gekort by die Kaap, en die Nederlandse Regering het geleenthede in die Kaap gesien wat hulle kon vul.
Die Verenigde Koninkryk het op 19 Januarie 1806 die Kaap beset. Dit is afgestaan aan die VK deur die Anglo-Nederlandse Ooreenkoms van 1814, en was van toe af as die Kaapkolonie bekend.

[wysig] Sien ook
Geskiedenis van die Kaapkolonie
Politieke Raad
Kasteel van Goeie Hoop
Wes-Kaap