Wednesday, April 18, 2007

Kaapkolonie wa-laers

Kaap die Goeie Hoop
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek

Die Kaap die Goeie Hoop landpunt, gesien vanuit die Noorde

1888 Kaart van die Kaap die Goeie Hoop
Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van 'n landpunt aan die suide van Afrika, naby Kaapstad, Suid-Afrika.
Dit is tradisioneel (en verkeerdelik) geag as die oorgangspunt tussen die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan — tegnies lê die skeiding tussen die twee oseane verder ooswaarts by Kaap Agulhas, wat ook die mees suidelike punt van Afrika is. Die natuurreservaat by Kaappunt bied ook pragtige natuurskoon.
Die koue Benguelastroom ontmoet die warm Agulhasstroom, wat suidwaarts vanaf Indië loop, naby die Kaap die Goeie Hoop en loop noordwaarts teen die Weskus op.

[wysig] Geskiedenis
Die Kaap die Goeie Hoop was eerste deur die Portugese seevaarder Bartolomeus Dias in 1488 omgevaar, wie dit die "Kaap van Storms" (Cabo das Tormentas) genoem het. Later het Johannes II van Portugal dit hernoem as die "Kaap die Goeie Hoop" (Cabo da Boa Esperança), omdat dit die roete na die Ooste moontlik gemaak het.
Die Nederlandse handelaar Jan van Riebeeck het 'n voorraadkamp vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) naby die Kaap op 6 April 1652 opgestel, wat uiteindelik in Kaapstad ontwikkel het.
Op 31 Desember 1687 is 'n groep Hugenote na die Kaap vanaf Nederland gestuur; hulle het na Nederland ontsnap vanaf Frankryk om die godsdienstige vervolging daar te ontsnap. Die VOC het ambagsmanne gekort by die Kaap, en die Nederlandse Regering het geleenthede in die Kaap gesien wat hulle kon vul.
Die Verenigde Koninkryk het op 19 Januarie 1806 die Kaap beset. Dit is afgestaan aan die VK deur die Anglo-Nederlandse Ooreenkoms van 1814, en was van toe af as die Kaapkolonie bekend.

[wysig] Sien ook
Geskiedenis van die Kaapkolonie
Politieke Raad
Kasteel van Goeie Hoop
Wes-Kaap

No comments: